Boksburg se dodetal ná gasontploffing styg tot 40

Die dodetal na die gas-ontploffing in Boksburg aan die Oos-Rand, het tot 40 gestyg. Die premier van Gauteng Panyaza Lesufi het die media in Johannesburg toegespreek oor die jongste verwikkelinge in die saak. Die ramp het op Oukersdag plaasgevind toe ‘n gas-tenkwa in ‘n duikweg onder ‘n brug vasgesit en ontplof het. Volgens Lesufi sal die provinsiale regering voortgaan om families van die slagoffers by te staan. Die polisieondersoek duur voort.