Rugby: Bulle-president sê daar is baie op die spel

Rugby: Die Suid-Afrikaanse spanne is hierdie naweek in die Europese kompetisies in aksie. In die Uitdaagbeker is die Llanelli Scarlets môreaand die gasheer vir die Cheetahs en Saterdag speel die Leeus in Parys teen Stade Francais. In die Kampioenebeker speel die Haaie Saterdag tuis teen Bordeaux en die Bulle verwelkom die Exeter Chiefs in Pretoria. Sondag speel die Stormers teen die London Irish. Willem Strauss, president van die Bulle, sê daar is baie op die spel.