DA: ANC moet saam met opposisiepartye werk in Mangaung

Die DA in die Vrystaat het kennis geneem van die media-inligtingsessie onder leiding van die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, oor die verwydering van die burgemeester van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana. Mbalula het bygevoeg dat die ANC nie met opposisiepartye hoef saam te werk nie. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Johan Pretorius is die stelling strydig met die werklikheid dat die ANC na die verkiesing in 2021 nie ʼn volstrekte meerderheid het nie en dat hy opposisiepartye nodig het om ‘n begroting en verwante beleid te aanvaar.