Regsfirma stel groepsgeding in oor Boksburg-ontploffing

Die Johannesburgse regsfirma RH Lawyers Incorporated sê hy gaan ‘n groepsgeding instel teen verskeie rolspelers wat moontlik aanspreeklik is vir die tenkwa-ontploffing in Boksburg. Dit volg nadat minstens 20 mense wat geraak is, hom opdrag gegee het om so ‘n saak te begin. Dit sluit mense in wat in die ontploffing beseer is. Van die rolspelers wat moontlik regsoptrede teen hulle kan verwag, sluit in die Passasier-spooragentskap, die Ekurhuleni-munisipaliteit, die polisiediens en die brandweer-departement. Altesaam 37 mense wat Boksburg-inwoners en gesondheidswerkers insluit, is in die ontploffing op Oukersdag dood.