Gautengse premier sê waarom e-tolstelsel nog nie geskrap isJanuary 5, 2023

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi,  sê die besluit oor of Gautengse motoriste moontlik terugbetaal sal word, was een van die sleutelkwessies waarom die e-tolstelsel nog nie soos beplan geskrap is nie. Lesufi het die versekering gegee mense wat oor die jare hulle e-tol betaal het se geld sal terugbetaal word. Die spertyd vir die regering van Gauteng om e-tol te skrap was 31 Desember 2022. Lesufi vertrou dit sal binne die volgende 14 dae gebeur, vóór sy provinsiale rede.