Ramaphosa: 2023 is jaar van optrede vir ANC

President Cyril Ramaphosa sê 2023 is die jaar van optrede vir die ANC. Die President het die kransleggingseremonies by grafte van gestorwe partyleiers in die Vrystaat gelei. ANC-afgevaardigdes het intussen op die provinsie toegesak vir die party se presidentsrede op 8 Januarie. Ramaphosa het in sy toespraak belowe dat die nuwe leierskap verbind is tot optrede en om vernuwing teweeg te bring.