WGO: Verbod op vrouewerkers by NGO’s in Afghanistan is ‘n terugslag

Die Wêreldgesondheids-organisasie sê die besluit deur Afghanistan se de facto owerhede om vroue te verbied om vir humanitêre nie-regeringsorganisasies te werk is ‘n groot terugslag vir kwesbare gemeenskappe in die land. Hy voeg by die vroue-personeel is onderwysers, voedingskenners, spanleiers, gemeenskaps-gesondheidswerkers, mense wat inentings toedien, verpleegkundiges, dokters en hoofde van organisasies. Hulle het toegang tot gemeenskappe wat hulle manlike kollegas nie kan bereik nie en is uiters belangrik in die beskerming van die gemeenskappe wat die WGO dien. Die organisasie beklemtoon vroue se deelname in hulpverlening is nie onderhandelbaar nie en moet voortgesit word.