Rundu se Cash & Carry-werkers kla oor lae lone

Meer as 100 werknemers van die Rani-groep van maatskappye wat vir een van sy Cash & Carry-supermarkte op Rundu werk, het in ‘n petisie hul ontevredenheid uitgespreek oor onregverdige behandeling, lae lone en swak werksomstandighede. Sommige werkers verdien glo slegs 1 250 Namibiese dollar per maand en swanger vroue word glo verplig om swaar voorraad te hanteer. Die werkers het glo al die ministerie van arbeid en die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers, Nafau, genader het vir ‘n oplossing. Die Nafau-verteenwoordiger by Rundu, Paulus Mushongo, sê die geraakte werknemers het in 2020 opgehou om hul bydraes tot die vakbond te betaal, daarom is daar niks wat Nafau kan doen nie.