EU skenk 4×4-voertuie aan Namibiese landbouministerie

Die Europese Unie het vandag elf 4X4-dubbelkajuitvoertuie aan die Namibiese landbou-ministerie oorhandig. Die 11 voertuie is deel van die 25 voertuie wat deel uitmaak van die vee-ondersteuningsprogram. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die oorblywende 14 voertuie sal in 2023 afgelewer word.