Dwelms wat in SA ingesmokkel word, kom ook hier aan
Reaksie is ontvang op dwelmhandel deur Suid-Afrikaanse hawens en lughawens wat volgens berigte besig is om toe te neem. Navorsing toon vir elke dwelmbesending waarop beslag gelê word, gaan tien ongemerk deur. Daar word beraam dwelmmiddels van meer as 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand het die afgelope jaar die land deur sy hawens bereik. Die Namibiese polisie het tydens die boekjaar 2021-2022 dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van meer as 44 miljoen Namibiese dollar gekonfiskeer. Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid Hermie van Zyl sê van daardie dwelms kom verseker in Namibië in.