Swapo-stemme sal oorgetel word, maar mag die komitee dit doen?

Die oortel van die stemme in die verkiesing vir Swapo se sentrale komitee sal na verwagting rondom 11-uur begin. Die party se sekretaris-generaal het laat Dinsdagaand opdrag gegee dat dit vandag gedoen word na klagtes ontvang is. Daar is teenstrydige berigte oor of die party se verkiesingskomitee wel die stemme oor kan tel. Die veteraan Swapo-lid Nahas Angula sê hy is net so deurmekaar soos almal.

Hy sê leierskap is nou uiters belangrik vir die party.