Vermeende tas-moordenaar verskyn

‘n Vrou wat aangekla word van die moord op twee kinders wie se liggame vroeër vanjaar in tasse gevind is, verskyn vandag die eerste keer in ‘n Nieu-Seelandse hof nadat Suid-Korea haar uitgelewer het. Die Manukau-distrikshof het gehoor die 42-jarige vrou, wat ontken dat sy iets verkeerd gedoen het, is die kinders se ma. Suid-Koreaanse polisie het haar in September in die hawestad Ulsan in hegtenis geneem, weke nadat Nieu-Seelandse polisie die oorskot van twee kinders van skoolgaande ouderdom in Auckland ontdek het. Haar saak is tot die 14de van volgende maand uitgestel.