SAL doen verslag oor sy vordering

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens doen vandag verslag aan die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge oor die vordering wat hy gemaak het. Die komitee sal dan hoor wat die Spesiale Ondersoekeenheid oor SAL uitgevind het. Intussen sê die DA dis geen verrassing dat die lugredery nie inligting bekend maak oor die transaksie tussen SAL en Takatso nie, asook oor die finansiële bedryfsresultate sedert hy in September verlede jaar sy bedrywighede hervat het. ʼn Woordvoerder van die party, Alf Lees, sê die redery moet sekere vrae beantwoord: