Pres. Joe Biden bly optimisties oor tussenverkiesing

Terwyl die Amerikaanse tussenverkiesings-voorspellings vir sy Demokratiese Party donker geraak het, het President Joe Biden aanhou voorspel dat dinge sou omdraai. Sy volgende stap, sê Biden, is om na die Republikeine uit te reik en stemme te werf. Sedert hy Washington verlaat het vir die COP27 Klimaatberaad  en G20-vergaderings, het Biden gereeld huis toe gebel om Demokratiese kandidate wat geseëvier het, geluk te wens, insluitend senator Catherine Cortez Matso, wie se oorwinning in Nevada die Demokrate van ‘n volgehoue meerderheid in die senaat verseker het. Die Republikeine gaan waarskynlik beheer oor die huis van verteenwoordigers kry. Die senaat kan egter deur óf die Demokrate óf die Republikeine beheer word. Tans het die Demokrate 50 senaatsetels teenoor die Republikeine se 48 met 204 setels in die huis teenoor die Republikeine se 212.