DA ondersteun toerisme-herstel

Die DA in die Wes-Kaap sê hy steun pogings wat die regte omgewing sal skep vir die geleidelike herstel van die toerisme-sektor. Die party sê hoewel seisoenstatistiek oor die afgelope boekjaar aandui dat die sektor stelselmatig herstel, moet meer pogings aangewend word om volgehoue groei te verseker. Woordvoerder Deidré Baartman sê die binnelandse terminaal van die Kaapstadse Internasionale Lughawe het oor Paasnaweek byna 62 000 passassiers verwelkom, wat 65 persent meer was as verlede jaar.