SA Poskantoor onken planne oor afleggings

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor ontken bewerings van planne om werknemers af te lê. Die Tesourie het vroeër vanjaar voorspel die aantal Poskantoor-werknemers gaan vanaf meer as 16 000 in die 2021/22-boekjaar krimp tot tot net meer as 10 000 in 2024. Die Poskantoor se woordvoerder, Nobuhle Njapha, sê egter ‘n besluit oor afleggings is nog nie geneem is. Sy sê onderhandelings is tans aan die gang tussen vakbonde, die werkgewer en die regering.