Alta van Wyk se saak teen Boulter kom vandag weer voor

Die Britse miljardêr Harvey Boulter maak eksepsie in die saak waar die weduwee van sy voorman, Gerhard van Wyk, hom dagvaar vir meer as 70 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na die dood van haar man, waarvoor Boulter vir moord aangekla is. Boulter sê Alta van Wyk se eis wat ingedien is, is vaag en van die eise stel haar in ‘n verleentheid. Hy maak veral melding van verlies aan inkomste. In sommige van haar eise, sê hy is daar nie melding gemaak teen watter respondent die eis gemaak word nie. Die saak kom vandag voor regter Orben Sibeya voor sodat die datums vir die eksepsie-verhoor bepaal kan word. Die 54-jarige Gerhard van Wyk is op 27 Februarie dood na hy na bewering deur Boulter geskiet is op Boulter se plaas.