Rolprentdraaiboeke plaaslik gesoek

Die Namibiese rolprentbedryf glimlag weer van oor tot oor na die harde terugslag van die Covid-pandemie. Dit volg ná ‘n beroep vir voorleggings deur die Namibiese Rolprentkommissie aan Namibiese rolprentvervaardigers om voorstelle in te dien vir befondsing vir die ontwikkeling van rolprentdraaiboeke. Die sluitingsdatum is 30 November 2022. Hertha Katjivena, die kommissie se mediabeampte deel die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus.