Ondersoek na aanlynplatforms in SA eers volgende jaar bekend

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika sê die finale verslag oor aanlynmarkplatforms gaan in Februarie volgende jaar bekendgestel word. Dit volg na die handelsminister, Ebrahim Patel, uitstel van drie maande gegee het. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê die uitstel is verlede week in die Staatskoerant afgekondig, en neem een maand in ag weens die Desembervakansie vir die meeste sakeondernemings: