Namibiërs vasgetrek met dagga, Angolese whisky en tabak 

Twee Namibiërs verskyn vandag in die hof nadat hulle by die Kappsfarm-padblokkade in hegtenis geneem is met 20 sakkies van meer as 9,6 kilogram dagga in hul besit. Die dagga se waarde word op sowat 481 500 Namibiese dollar beraam. Die twee verdagtes is ‘n 31 jarige Namibiese vrou en 30 jarige Namibiese man. Intussen is twee werknemers van Namibia Media Holdings se koerantverspreidings-afdeling by die Oshivelo-padblokkade in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit gevind is van onwettige sakkies Angolese whisky en tabak. Hul verskyn môre in die Tsumeb-landdroshof.