Namibiese eiendomsmark nog flou

Die eiendomsmark in Namibië sukkel nog om tydens die Covid-19-pandemie op te tel. Anne Thandeka Gebhardt, eienaar van National Estates en ‘n raadslid van die Namibië Eiendomsagente-raad, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verkopers sukkel om hul eiendomme te verkoop. Eiendomme word laag deur banke geëvalueer uit vrees dat hulle nie kopers sal kry nie. Sy sê daar is geleenthede om in eiendom te belê, maar befondsing is beperk. Gebhardt hoop in die derde kwartaal van die jaar sal beleggings in die eiendomsmark verbeter.