SAL hervat vlugte na Windhoek in Desember

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sal sy Windhoek-Johannesburg roete, sedert die begin van Covid, herstel met die eerste vlug wat op 15 Desember sal plaasvind. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold sê dit word verwelkom omdat besoekers na Namibië wil kom maar, daar is nie genoeg vlugte nie.