Dis nie sommer net van tolhek oprig nie, daar’s regulasies

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Openbare Passasier Vervoer-vereniging, Nathan Africa, het gereageer op die aankondiging deur die uitvoerende hoof van die Padfondsaministrasie Ali Ipinge oor tolhekke, wat hy meen, op pad is. Ipinge sê tot 750 miljoen Namibiese dollar kan per jaar so ingewin word. Africa sê die saak is nie so eenvoudig soos om net ‘n tolhek op te rig nie.