Dieselprys: Baie slegte tyd vir akkerbouers

Akkerbouers berei voor om te plant, en ander stroop ook nog steeds. Die styging in die dieselprys, wat vanaand om middernag in werking tree, is baie slegte nuus vir die produsente. Met amper 2 Namibiese dollar ‘n liter ekstra, gepaard met die uiters hoë kunsmiskostes, is ons akkerbouers onder druk, soos die voorsitter van die Namibiese Akkerbou Produsente-vereniging Gerhard Engelbrecht, verduidelik.