3 miljoen kubiek in 7 dae uit Hardap onttrek

NamWater se jongste dambulletin toon dat daar 3 miljoen kubieke meter water in sewe dae uit Hardapdam gepomp is. Die dam staan op die oomblik op net meer as 55 persent van kapasiteit. Ingevolge vereistes van die landbouministerie in verband met die ekologie van die Visrivier, het NamWater 2,5 miljoen kubieke meter uit die Neckartaldam vrygestel en die dam is tans op 96 persent. Oanob naby Rehoboth is op 71 persent en Naute op 85 persent van kapasiteit. In die sentrale gebied was verbruikers ook dors. Net meer as 1,3 miljoen kubieke meter water is uit die drie sentrale damme onttrek. Bronne staan tans op 48,3 persent teenoor 49,1 persent verlede jaar. In die ooste is Otjivero op 24,4 persent van kapasiteit en bronne staan op 17,2 persent.