Dwelms oorheers misdaadverslag

Uitdagings met dwelms duur voort. Die polisie in die Erongo-streek het oor die naweek verskeie dwelmvondse in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund gemaak. Vrydag is twee mans in besit van dagga ter waarde van 1 750 Namibiese dollar gevang. Ook op die dorp is ’n 35-jarige man in die Tulinawa-nedersetting in besit van drie groot sakke dagga betrap met ’n waarde van 35 650 dollar terwyl ’n Kongolese vrou met vlugtelingstatus in Tamariskia in hegtenis geneem is nadat sy met dagga, kokaïen, sowel as CAT met ’n waarde van 313 000 dollar betrap is. ‘n Verdagte is ook is in Mondesa vasgetrek vir die besit van en handel in dagga en Mandrax-tablette met ’n waarde van 43 470 dollar. Ondersoeke duur voort en van die verdagtes sal Maandag in die landdroshof op Swakopmund verskyn.