N$5,5m vir voertuigopsporing

NamPower het ‘n 5,5 miljoen Namibiese dollar kontrak aan KICT vir voertuigopsporing toegeken. Die tender was vir die voorsiening, installasie en instandhouding vir ‘n periode van drie jaar. Ses maatskappye wat tenders ingedien het, het geen meganisme gehad om die bestuurder se PIN-nommer outomaties te genereer nie en kon ook nie die bestuurder en voertuig inligting inskandeer op enige stelsel nie. Kwotasies onder die groep het gewissel van 730 000 tot 25 miljoen Namibiese dollar. Agt ander maatskappye is gediskwalifiseer vir verkeerde of vermiste dokumentasie.