Dodetal sterf tot by 80 in Mianmar

Die dodetal na ‘n militêre lugaanval op een van Mianmar se grootste etniese rebellegroepe, het tot 80 gestyg. Meer as 100 mense is beseer toe militêre vliegtuie vier bomme laat val het by ‘n konsert wat deur die Kachin-onafhanklikheidsweermag in die dorpie, Kansi, aangebied is. Die konsert is gereël om die 62ste herdenking van die rebelleweermag se veldtog vir selfregering te gedenk. Die militêre regering van Mianmar sê die operasie was noodsaaklik as reaksie op terreurdade wat deur die Kachin-groep uitgevoer is.