SA stig Infrastruktuur Teenkorrupsieforum

Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland, Andy Mothibi, en die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia De Lille, het die Infrastruktuur Teenkorrupsieforum bekendgestel. Die forum bestaan uit dele van die openbare en die private sektor. Die doel is om infrastruktuurprojekte meer doeltreffend te monitor en om stelsels in plek te sit om korrupsie op te spoor en te voorkom. Die bousektor is deur die jare geruk deur ‘n aantal skandale. De Lille het tydens die bekendstelling in Kaapstad gesê die land moet teen korrupsie veg.