Amnestie vra weer vir Fifa-fonds vir trekarbeiders

Amnestie Internasionaal het sy versoek aan die wêreldsokkerbeheerliggaam Fifa herhaal, om ‘n vergoedingsfonds vir misbruikte trekarbeiders in Katar te stig. Miljoene trekarbeiders het help bou aan Katar se Wêreldbekerstadions en infrastruktuur. Die menseregtegroep beweer duisende werkers se lone en rusdae word steeds weerhou en hulle word aan onveilige werksomstandighede blootgestel. Amnestie sê die vergoedingsfonds moet ten minste gelykstaande wees aan die bedrag wat as prysgeld by die Wêreldbeker toegeken sal word.