SA damprook-bedryf wil heffings teenstaan

Die damprook-bedryf in die buurland doen ‘n beroep op ondernemings om ‘n voorgestelde heffing teen damprook-produkte teen te staan. Dit volg nadat die departement van gesondheid besonderhede van die Wetsontwerp op die Beheer van Elektroniese en ander Tabakprodukte in die Staatskoerant gepubliseer het. Rook in ‘n openbare binnenshuise gebied sal verbode wees, asook rook by die huis of in ‘n motor in die teenwoordigheid van ‘n nie-roker of kind. Die damprook-bedryf voer al jare aan dat dit nie met ander tabakprodukte gegroepeer moet word nie. Die bedryf het ook die Tesourie gevra om verdere marknavorsing te doen oor die gevolge van sy voorstel.