Fury en Joshua geveg vind dalk nie plaas nie

Die beplande swaargewig-wêreldtitelgeveg op 3 Desember tussen die WBR-kampioen, Tyson Fury en Anthony Joshua, albei Britte, gaan moontlik nie plaasvind nie. Fury het Joshua die geveg aangebied ondanks sy tweede agtereenvolgende nederlaag teen Oleksandr Usyk van Oekraïne in Augustus. Fury se promotor, Frank Warren, het die spertyd vir die ondertekening van die kontrak vir vandag gestel. Daar word berig Joshua se promoter, Eddie Hearn, sê dit kan nie vandag onderteken word nie, want dit word nagegaan nadat hulle nege dae daarvoor gewag het. Hy sê indien Fury weens die vertraging onttrek, sal daar nie ‘n geveg wees nie.