DA sal alles in die stryd werp teen onteiening sonder vergoeding

Die DA sê die finale weergawe van die Onteienings-wetsontwerp gaan Woensdag in die Parlement vir aanvaarding voorgelê word. Hoewel verskeie aspekte van die wetsontwerp gewysig is, is die party steeds bekommerd oor die skadelike uitwerking daarvan op privaat-eiendomsregte. Samantha Graham-Maré van die DA sê daar is geen rede om wette te maak wat privaateiendomsbesit bedreig nie, wanneer die doel van die wetgewing oor onteiening bereik kan word sonder sulke sinistêre bepalings: