Eskom: Beurtkrag bly nog deurnag op fase 5
Eskom het aangekondig dat beurtkrag steeds vanaand en deurnag op fase 5 sal bly, en eers môreoggend om vyf-uur tot op fase 4 verminder sal word. Die kragvoorsiener sê fase 3 sal dan vanaf Sondagoggend om vyf-uur tot Maandagoggend vyf-uur van krag wees. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê weens beperkte opwekkingsvermoë sal fase 3 vir die grootste gedeelte van volgende week geld. Mantshantsha sê ook Eskom het uitdagings met die verskaffing van diesel.