DA: Stropers van vetplante word vasgevat 

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die proaktiewe stappe van CapeNature om te verseker hulle biodiversiteit word beskerm. Stropery van vetplante en ander plante neem sedert 2018 geweldig toe, met die meeste van hierdie plante wat vir die Asiatiese mark bestem is. ʼn Woordvoerder van die DA, Andricus van der Westhuizen, sê net in die Vredendal-omgewing alleen is daar tans 48 sake voor die hof wat met stropery verband hou.