Ooreenkoms met Botswana is goed, maar as iets gebeur sal dit weer dieselfde wees

Reaksie word ontvang op die aankondiging van die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi, wat sê Namibië en Botswana het ‘n beleid geskep om te verhoed dat Namibiërs, indien hulle binne die grense van Angola in die verre noordooste van die land gevind word, dood geskiet word. Edwin Simati, sekretaris-generaal van die Caprivi Concerned Group sê dit word verwelkom maar, sou iets gebeur op die Chobe-rivier grens en die Botswana-weermag is betrokke, sal daar geen aanspreekliheid wees nie.

Die dood van die drie Nchindo-broers en hul nefie in November 2020 het op nul uitgeloop na ‘n Botswana-hof ‘n nadoodse verhoor gehou het. Botswana het ‘n skiet-op-sig beleid in sy nasionale parke.