Maughan bring dringende aansoek teen Zuma-saak teen haar
News24 se spesialis-regsjoernalis, Karyn Maughan, het ‘n dringende aansoek by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien dat oudpresident Jacob Zuma se privaatvervolgingsaansoek teen haar tersyde gestel word. Zuma het vroeër die maand ‘n privaat vervolging begin teen Maughan en staatsadvokaat Billy Downer, die hoofaanklaer in sy wapentransaksie-saak, nadat besonderhede van sy mediese toestand verlede jaar deur News24 gepubliseer is. Maughan voer in hofdokumente aan die dagvaarding was onwettig en die enigste doel is om haar te intimideer en te teister.