Kriminele ondersoek teen Trump kan voortgaan terwyl meester hersien

Die Amerikaanse departement van justisie kan voort gaan met sy kriminele ondersoek na die geklassifiseerde rekords waarop die FBI in oudpresident Donald Trump se huis in Florida beslag gelê het. ‘n Federale appèlhof het die beslissing gemaak na ‘n aansoek deur die departement. Dit volg na die distriksregter Aileen Cannon die ondersoek op ys geplaas het nadat sy ‘n spesiale meester vir Trump aangestel het om die dokumente te hersien. Die appèlhof het ook ‘n gedeelte van Cannon se bevel ter syde te stel. Die bevel het vereis het dat die regering rekords met klassifikasiemerke vir die spesiale meester se hersiening moet oorhandig.