Ferrari oorheers eerste oefenrondtes by Monza Grand Prix

Motorsport: Charles Leclerc van Ferrari is saam met sy spanmaat die voorlopers in die eerste oefenrondtes van die naweek se Italiaanse Grand Prix by Monza. Hy en Carlos Sainz het die Mercedes-span uitgestof. George Russell is in die derde plek. Lewis Hamilton, wat heel agter gaan wegspring weens ‘n strafpunt, was die vierde vinnigste jaer. Max Verstappen van Nederland het die vyfde vinnigste tyd opgestel, maar hy is agter Lando Norris in die finale rondte vasgekeer. Verstappen van Red Bull was egter steeds ‘n sekonde vinniger as die res van die deelnemers.