Vryhandelooreenkoms sal inklusief wees

Die Adjunkpresident Nangolo Mbumba sê die vasteland se vryhandelooreenkoms sal handel op die vasteland verdubbel van 18 persent tot 36 persent teen 2035. In sy mening is daar groot geleenthede vir goeie en verlengde marktoegang. Hy het tevredenheid uitgespreek dat die ooreenkoms die klem om klein en medium sakeondernemings plaas sowel as jeug en vroue omdat dit meer inklusief sal wees. Die ooreenkoms het op 1 Januarie van jaar in werking getree en 55 Afrika-lande met ‘n mark van 1,2 miljard mense, kan makliker handel dryf.