Kenner gesels oor Namibiese groen waterstof

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê een van die bydraes van Namibië om die huidige globale uitdagings aan te spreek, is die produksie van groen waterstof. Volgens haar sal die produksie van groen waterstof in 2026 begin, met die aanleg wat 300 000 ton groen waterstof per jaar sal produseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Ted Blom, ‘n energie-ontleder in Suid-Afrika, gesels om uit te vind of Namibië die vaardighede het om hierdie projek tot voordeel van alle Namibiërs te maak.