Troeteldiere welkom by Veterinêre Akademiese Hospitaal se buitepasiënte-eenheid

As deel van die Universiteit van Namibië en die land se enigste Skool vir Veeartsenykunde, speel die Veterinêre Akademiese Hospitaal ‘n belangrike rol in die opleiding van die veeartse van môre en die uitbreiding van kennis en behandelings om dierelewens te verbeter. Die buitepasiënte-eenheid by die Veterinêre Akademiese Hospitaal het sy deure vir die publiek in Julie geopen. Dit eenheid bied dienste van onder meer inentings en parasietbeheer by troeteldiere en die konsultasie en behandeling van siek troeteldiere. Unam se bemarkingsbeampte, Simon Namesho verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waar die buitepasiënte-eenheid geleë is.