Cunene Goewerneur sê Angolese moet terugkeerMay 19, 2021

Angolese owerhede het ‘n beroep op hulle landsburgers gedoen om terug te keer huis toe en in hulle tuisland bygestaan word. Die Cunene-provinsie se Goewerneur Gerdina Didadelwa het besoek afgelê aan ‘n groep Angolese vlugtelinge in die Ohangwena-streek. Volgens haar is die kwessie baie gekompliseerd en die uitdagings wat die gemeenskappe gevlug het bestaan steeds, maar, dit is makliker om hulle landsburgers tuis by te staan veral omdat die grense steeds gesluit is. Duisende Angolese burgers het sedert Maart die land binnegekom met geen heenkome nie. Volgens Didadelwa is net minder as 600 000 landsburgers deur die heersende droogte veral in die suide van die land geraak. In Namibië het Angolese so ver as Opuwo en Outjo gereis opsoek na werk.

One thought on “Cunene Goewerneur sê Angolese moet terugkeer

  1. I am really impressed with your writing abilities as smartly as with the format to your blog. Is that this a paid topic or did you customize it your self? Anyway stay up the excellent quality writing, it’s rare to look a nice blog like this one these days!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *