Sowat 20 000 moordsakee in een jaar in SA

Statistieke Suid-Afrika se jongste verslag oor Slagoffers van Misdaad toon sowat 20 000 moordsake is tussen Julie 2021 en Julie vanjaar aangemeld. Volgens die Statistikus-Generaal, Risenga Maluleke, word KwaZulu-Natal en Gauteng die ergste geraak. Maluleke sê sowat 1,4 miljoen voorvalle van huisbraak het gedurende die 2021/22-boekjaar in Suid-Afrika voorgekom. Hy sê altesaam 42 000 huishoudings het motordiefstal beleef. Maluleke meld ook dat altesaam 376 000 mense in bykans 844 000 voorvalle verbruikers-bedrog ondervind het.