Al hoe meer Suid-Afrikaners gekant teen trofeejag 

‘n Opname toon Suid-Afrikaners se teenkanting teen trofeejag het toegeneem van 64 persent in 2020 tot 68 persent vanjaar. Die studie, wat Ipsos vir die Humane Society International gedoen het, dui ook op teenkanting teen die geblikte jag van leeus, wat in dieselfde tydperk van 64 tot 65 persent gestyg het. Die opname het bevind teenkanting teen hierdie soort jag is dieselfde tussen geslags- en rasgroepe. Die regering oorweeg dit tans om veranderings aan te bring aan Suid-Afrika se jagbeleid.