Vermiste meisie ongedeerd gevind

Die 16-jarige meisie van Rehoboth, Kim Heckert, wat die naweek op Walvisbaai vermis geraak het, is gevind, het die Erongo-polisie bevestig. Sy het laat Saterdagaand vanaf ‘n huis waar sy tydens die skoolvakansie kuier, vermis geraak. Volgens Speurinspekteur Michael Ambambi het sy weer by haar vriende se huis opgedaag. Hy sê die familie het haar na ‘n maatskaplike werker geneem en sy is in ‘n goeie gesondheidstoestand. Ambambi het met Kosmos 94.1 gesels.