Toyota sê sy Durban-aanleg is weer teen September in volle produksie

Toyota South Africa Motors sê hy verwag dat sy Prospecton-aanleg in Durban teen die einde van volgende maand weer ten volle in produksie sal wees. Bedrywighede by die aanleg is in April opgeskort as gevolg van erge oorstromings by die fabriek en die omliggende omgewing. Die maatskappy het verlede maand 7 110 nuwe voertuie uit ‘n bedryfstotaal van 43 593 eenhede verkoop. Die maatskappy se woordvoerder, Leon Theron, sê die ongelooflike lojaliteit van hulle kliënte oor die afgelope maande het gehelp om hulle weer krag te gee en te motiveer.