Will Smith sê weer jammer, Chris Rock is doodstil

Die akteur Will Smith het weer om verskoning gevra vir die klap wat hy aan Chris Rock by vanjaar se Oscars toegedien het. Hy het vroeër om verskoning gevra in ‘n verklaring maar, dié keer het hy dit op video op sy sosiale media platforms gedeel.

Smith het blykbaar ook gevra om met Rock te ontmoet, wat Rock van die hand gewys het.