Donkievel-uitvoere van SA na China wek kommer

CropLife South Africa het kommer uitgespreek oor die voortgesette uitvoer van donkie-velle uit Suid-Afrika na China. Die velle word gekook om gelatien te vervaardig vir die gewilde Chinese medisyne ejiao. Dié tradisionele medisyne word beskou as ‘n kuur vir slapeloosheid en duiseligheid. Gerhard Verdoorn van die organisasie sê donkie-karkasse wat weggegooi word, dra by tot omgewingsbesoedeling. Verdoorn sê die land se donkie-bevolking word vinnig minder, omdat die diere onwettig geslag word.