SA se rentekoers wurg almal – Saftu

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakverbonde sê gewone werkers en diegene met ʼn hoё inkomste word gewurg deur rentekoerse. Dit volg na die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se verhoging van die repokoers met 75-basispunte tot 5,5 persent. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die ekonomie moet nog herstel na die Covid-19-pandemie. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê inflasie in die land word tans aangevuur deur aanbodfaktore wat spruit uit krimpende produksie en invoere: